NB Publishers
NB Publishers
Aug 3, 2020
Rika Cloete vertel ons meer oor Skadukant
Play • 4 min
Rika Cloete is die skrywer van Skadukant wat Augustus 2020 verskyn. Sy vertel ons meer oor dié nuwe spanningsroman.

Die verminkte lyk van ’n vrou wat op die strand gevind word, ruk die rustige Murraybaai, veral wanneer dit blyk dat die geweldenaar swanger vroue teiken. Die nagmerrie verdiep wanneer die verwagtende Deirdre O’Brien ook deur die gemaskerde moordenaar geteister word. Sy word die prooi in ’n obsessiewe kat-en-muis-speletjie. Hy wil haar knak en haar lewe steel, maar sy gaan dit nie toelaat nie.

Skadukant kan eersdaags by goeie boekwinkels regoor die land en aanlyn bestel word. Meer oor Skadukant op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795709876
More episodes
Search
Clear search
Close search
Google apps
Main menu